- 00Days
- 00Hours
- 00Minutes
- 00Seconds
Welkom
Ons Fees
Ná die Glimlag Fees se reuse sukses in 2024 kan groot glimlagte vanjaar verwag word en die dag gaan wemel met topkunstenaars en klanke vanuit die boonste rakke.
Feesgangers gaan op Saterdag, 4 Oktober ’n musiekervaring soos min beleef. Kom vier die aanbreek van die somer saam in ’n groot biertuin om die dors te les. Al die aksie op die verhoog sal van daar ook dopgehou kan word.
Kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk, Dozi, Ray Dylan, Nicholis Louw, Dirk van der Westhuizen, Lianie May, Bok van Blerk, Martin Bester, Prime Circle en vele meer gaan jou van vroeg tot laat besig hou.
Vir die jongspan sal daar hope vermaak, wat ’n groot kinderarea insluit, aangebied word om ook hulle besig te hou. Die feesbestuur maak ook voorsiening van veilige parkering sodat feesgangers met rustigheid die dag kan geniet.
Die Glimlag Fees is die hartklop van Benoni – kom wees deel van dié ervaring.