Dis met groot opgewondenheid wat ons jou verwelkom by die vierde Glimlag Fees in Benoni! Hiermee die feesgids waar jy al die moets en moenies van die dag kan nagaan. Die Glimlag Fees is ‘n viering van vreugde, gemeenskap en kreatiwiteit.
Ons is vol dankbaarheid vir die ondersteuning en entoesiasme wat ons elke jaar ontvang. As organiseerders is ons bevoorreg om te getuig hoe die Glimlag Fees gegroei het van ‘n eenvoudige visie tot ‘n geleentheid wat mense – van borge, kunstenaars tot stalletjiehouers – van regoor die land bymekaar bring. Hierdie fees is nie net ‘n geleentheid om te vermaak nie, maar ‘n platform vir verbinding en gemeenskaplikheid.
Dit is belangrik om te onthou dat die Glimlag Fees nie nét oor feesgangers se GLIMLAG gaan nie, maar dié fees bied ook ‘n geleentheid om terug te gee. Elke glimlag, elke lag en elke dansbeweging dra by tot ‘n groter doel – die ondersteuning van die Smile Foundation en hul belangrike werk om die lewens van kinders – wat nie so bevoorreg is om te kan glimlag nie – te verbeter.
Sonder baie belangrike borge en rolspelers kan die fees nie aangebied word nie en ons wil elke borg bedank wat aan boord gekom het om hierdie fees ‘n werklikheid te maak. Ons waardeer die ondersteuning en vertroue wat julle in ons stel en sien uit daarna om hierdie reis saam met julle voort te sit. Dankie dat julle Afrikaanse musiek en die kunste ondersteun!
Dankie aan JOU as feesganger wat ‘n kaartjie koop en die kunstenaars se musiek luister. Dis as gevolg van JOU ondersteuning dat feeste en Afrikaanse musiek kan voortleef. Mag die Glimlag Fees van 2024 vir jou ‘n onvergeetlike ervaring wees!
Met opregte dankbaarheid,
Die organiseerders van die Glimlag Fees
’n Propvol program met vermaak vir oud én jonk, maak hierdie die perfekte uitstappie vir die hele gesin!
info@glimlagfees.co.za
vendors@glimlagfees.co.za
Copyright of webdesign © 2025 The Marketing Zoo & FW